top of page

Naledi uitgewers stel bekend - Lagstukkies, 'n lag vir elke dag!

 

Om hierdie boek te lees is soos om blydskap en vreugde in dubbele porsies op jou te laat groei.

​

Hessel slaag meesterlik daarin om talle van sy LAGSTUKKIES deur sy loopbaan as sanger, prediker en radio akteur met ons te kom deel.  Alles is ware gebeurtenisse wat of op of af van die kansel en verhoog gebeur het.

​

Neem in ag, dat oor dertig jaar baie van die stories noodwendig op selektiewe geheue berus.  Die feite mag dalk plek-plek langs die werklikheid staan, maar 'n goeie storie bly 'n goeie storie.

​

Daar is 'n poging aangewend om kru taal tot 'n minumum te beperk en probeer ons almal akkomodder en sensitief te wees vir talle lesers.  Aan die einde van die dag moet Vader kon saam glimlag en ons humor saam met ons geniet.

​

Mag hierdie boek mense van alle kleure in Suid-Afrika weer deur saam lag verenig.

​

Bespreek Hessel vandag vir jou om die kampvuur-lag-konsert.  Gesonde skoon gesinsvermaak. Die konsep is uniek en geskik vir verskillende gehore en kan aangepas word.

bottom of page