top of page

B i o g r a f i e

Interessanthede:​

​
Oor die mens Hessel:

 

  1. 1.  Gospel liedjie van die jaar 2011 - titelsnit vanaf sy nuuste CD - 10 000 Engele

  2. 2.  Vanaf 2010 tot 2012 sing hy jaarliks op uitnodiging in Jerusalem.

  3. 3.  Hessel is 'n gereëlde RSG geleentheidsprediker.

  4. 4.  Verskeie televisieoptredes: DKNT, Jukebox, Kruiskyk.

  5. 5.  Hessel is 'n liedjieskrywer, motiveringspreker, radioakteur, eggenoot, pa, oupa en 
         enigste motiveringsbuikspreker in SA.​

  6. ​6.  In 2010 word hy benoem vir 'n SAMA toekenning met die album,  Simfonie van Lof.​

  7. 7.  Sing van kleintyd af.  Moes altyd vir sy oupa Hessel ‘n “sugar tune”  wat hyself          
          begelei het, sing. Sy talent van beide sy oupas ontvang. Dit is waarom Nick Taylor
          gesê het, hy ‘n “stem like ‘n voice”.

  8. 8.  Begin in 1968 as deel van die Vryersklonge te sing.

  9. 9.  Groot deurbraak kom in 1984 met die liedjie Rooisand. Daarna skryf Koos Du 
         Plessis vir Hessel ‘n hele album vol van Koos se musiek treffers soos Boshoek,   
         Briefie uit die See ens.  Toe volg "Die Lekkerste Lekker" en deure wat nooit weer
         toegemaak sou word nie.

  10. 10.  In 1983  begin hy saam met Sonja Herholdt toer. (Talle ander bekendes het ook  
            so begin). Sy’t Hessel as’t ware ontdek en gewys wat die woord toer beteken  Dit
            het Hessel kruis en dwars  deur Suid-Afrika en Namibië gedoen, saam met sy
            dogter Mariesia, asook Jannie de Bruin en Manuel Escorsio.

  11. 11.   Meer treffers volg en in 1985 word hy die eerste kunstenaar op die destydse
            Afrikaanse Treffers met twee nommers in die finale program. In 1988 word hy
            Groot Trek  sangleier  vir die FAK (Die herdenkingstrek) .  Destyds was dit nogal ‘n
            groot gebeure toe die Rapportryers aan hom  “Die orde van die goue hoed” hulle
            hoogste erertoekennning vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek toegeken het.

  12. 12.  Woon tans Krugersdorp - met bakgat bure!   Maar skreeu steeds  vir die Leeus. 

bottom of page