top of page

Wenke:



‘n Besoek aan Israel is nie ‘n uitrusvakansie nie. Dit is gewoonlik ‘n ernstige, maar heerlike kans vir ‘n Christen om te groei deur hierdie land te gaan besoek. Dit was immers die geografiese gebied waar bykans alle Bybelse gebeure plaasgevind  het.

Weet dat die program teen ‘n drafstap gaan geskied en dat jy blootgestel gaan word aan ongelooflike geestelike ervarings. Jy gaan ervaar dat die Bybel vir jou meer werklik word en mag ons maar sê, meer opwindend? Vir seker gaan jy nie dieselfde terugkom nie, maar jy moet die verwagting vir ‘n geestelike ervaring hê.

Baie toeriste gaan na Israel en verwag dat daar spanning gaan wees en is dan aangenaam verras deur die vrede, maar bo alles die amper tasbare bewuswees van God se teenwoordigheid.

Ons het dit moontlik reeds in  ons gesprekke genoem, maar die media oordryf dikwels die veiligheidsituasie of belig net die eenkant van die saak. Ons kan uit eie ervaring noem dat Israel baie goed na haar toeriste omsien. Die Woord stel dit dat Jerusalem “a burdensome stone” is. Dit is dus te wagte dat daar, soos wat die geskiedenis  vir ons as Christene in vervulling gaan, daar onrus sal wees.

Bid Ps 91 saam met jou geliefdes deur en lê dan die (veral hul) vrese neer.  Dis die vyand se manier om ons fokus te laat verloor!



Sommige doelwitte

Om die land te ervaar en te geniet. Dis immers totaal anders as Suid-Afrika!

 Om die meer belangrike streke te leer ken en te verstaan wat die historiese verwysingsraamwerk is.

 Om die geografiese en historiese perspektiewe waaroor die psalmis, die profete en die evangelies skryf, eerstehands te ervaar.

  Dalk ervaar jy dat jy ‘n hart vir Israel en haar mense kry, sodat jy gereeld vir Israel in gebed sal intree. Dis ook ‘n  Bybelse opdrag. Tans is sowat 60% Israeli’s nie gelowiges nie.

Bring saam:



Saamdra artikels: Dis lekker om ‘n rugsakkie te hê waarvan die rits bietjie versteek is. Tydens  al ons besoeke was daar nog nooit ‘n voorval nie, maar toeriste word gereeld teen sakkerollers gewaarsku.

Manne moet asseblief geen beursies in die agtersak dra nie! ‘n Beurs teen die lyf is veiliger. (Money bag). Daar is oulikes in reiswinkels, Clicks, by die AA en selfs op die lughawe (weet net teen ‘n aansienlik hoër prys) beskikbaar. Broeke met verskillende sakke help ook om kontant verspreid by jou te hou.

Natuurlik ‘n Bybel. Die normale formaat is baie swaar en ‘n kleiner Bybel kan dus help of in die geval van saamreisigers pak net een Bybel in.

Die is sekerlik logies , maar nog dingetjies wat my eerste toer onvergeetlik gemaak het:



Die dae is so vol dat jy onmoontlik alles gaan onthou! ‘n Klein joernaal  of notaboekie en ‘n lekker pen is ‘n moet. Probeer saans nota’s maak van die dag se gebeure. So gaan jy later ook jou eie foto’s beter verstaan.

 ‘n Paar banksakkies om klippies, skulpies, blaartjies ens. in te bewaar. Dis veral nuttig as jy later jou foto album saamstel.
 ‘n Paar klein kaartjies waarop jy nota’s kan maak om die items later te identifiseer.
 ‘n Water/koeldrankhouer. Onthou dis ‘n woestynland en dis warm.
 As jy “snacks” wil saamneem, sorg dat dit vakuumverpak is en hou maar die biltong uit die bagasie.
 Ontbyt is nogal die eerste keer ‘n ervaring. Koek en slaai vorm o.a. deel daarvan! Ek neem ‘n klein tupperbakkie saam en maak vir my toebroodjies om in die rugsak saam te
     neem. Dis nie veronderstel om te gebeur nie, maar so vroeg kan ek nie genoeg eet om my deur die dag te dra nie. Daar word stilgehou vir  opsionele middagetes en
     verversings vir u eie rekening. Werk op so 7-10 $ per dag daarvoor


O ja, as u ‘n selfoon  sou saamneem, moet dit vooraf na “ROAM” geaktiveer word. Dis baie duur om te gesels, maar ‘n sms so elke tweede dag hou almal tuis rustig.  Blokkeer net inkomende oproepe anders gaan daar ‘n nare skok wag. Jy betaal daarvoor en nie die persoon wat skakel nie!  U kan met u selfoonnetwerk vooraf die smskostes bepaal.

Israel is ‘n baie informele land. Nie eens die parlementslede dra dasse nie! Meng en pas behoort jou ver te bring. Pak liewer te min as te veel!

Klimaat:



Mei en November is nog lekker warm in Israel, alhoewel die seisoen al begin draai - pak maar iets warms (baadjie / windjakker) in vir saans.

Heelwat dames het geskakel en gevra vir wenke oor die inhoud van jou tas:



DAMES
‘n Muurprop om omskakeling van droërs en laaiers te vergemaklik. Die ronde tipe met twee punte werk in Israel.

Sonblok – Sand en klippe weerkaats sonlig en dit kan geniepsig raak.
Sonbril en as jy hoed dra, ‘n ligte hoed wat maklik verpak.
Seeppoeier om kledingstukke te kan spoel. Meeste hotelle het ‘n wasgoedlyn oor die bad.

2-3 Langbroeke of jeans
2 Rompe of soos jou lewenstyl pas
4-5 bloese met lang en kortmoukombinaise om weer te hanteer.
Ligte trui of windbreker – dit kan nog saans koeler word, maar dis onwaarskynlik!
Nagklere
Onderklere

NIE DUUR JUWELE NIE!

Lekker ingestapte skoene. Seer voete kan jou toer ruïneer.
‘n Paar netjiese sandale/skoene vir saans. Nie te formeel of te hoë hakke nie.
Iets om jou hals en skouers in die heilige plekke te bedek. As jou bloesie moue het, geen probleem.



MANNE:
2-4 Langbroeke
1-2 kortbroeke, maar nie te kort nie. Die tipe met die rits om jou broek langer te maak is baie handig, want op sekere plekke sal ‘n kortbroek nie toegelaat word nie. Na die kameelrit kan die broek dalk lekker  vuil wees!  
Vra ons of die gids ,die aand te vore indien jy nie seker is nie!

4-6 Hemde. Kombinasies van lang- en kortmoue
‘n Ligte trui/windbreker
Onderklere  en kouse
2 Paar gemaklike skoene. Tekkies is in orde.
Nagklere



BEIDE
Swemklere vir die Dooie See en selfs ‘n paar vodde plakkies om op die klipperige strand mee te loop. Jy kan dit altyd daar agterlaat. Die goedkoop weergawe van crocs kan ook baie handig te pas kom?
Handdoeke word oraloor voorsien.



VALUTA:

Dollars is baie gewild as betaalmiddel in Israel. Kredietkaarte word baie  wyd vir aankope aanvaar. Onthou net om die banke in kennis te stel dat die kaart in die buiteland gebruik gaan word.

Ons het verlede jaar sowat R3 000-00 sakgeld  saamgeneem, maar nie regtig groot items  gekoop nie. Klein aandenkings bv salfolie, die wonderlikse nougat in Nasaret, sleutelhouers, yskasmagnete ens. was bo-aan ons lys. Natuurlik ook baie water en koeldranke gekoop. Onthou in Israel is nog ‘n truuk: koue water in winkels kos meer as kamertemperatuur water  in dieselfde winkel!


Bagasie & Kajuitbagasie:

Totale gewig, skootrekenaars ingesluit, mag nie 7 kg oorskrei nie.
TABOE in bagasie – Enige skerp voorwerp, naelvyltjies, naelknippers, knipmessies, skêrtjies
Geen aerosolkannetjies, niks vlambaar bv sigaretaanstekers EN GEEN HAARJEL nie. Geen houer met vloeistof mag meer as 100ml bevat nie. Alles wat vloeibaar/ room is moet in ‘n deursigtige plastieksakkie wat kan herseël by die doene getoon word. Daarna pak jy dit in jou handbagsie in.

Verklaar duur toerusting, veral as dit die nuutste duurste kameras is, vooraf op die lughawe.

Probeer jou tas met iets merk om dit makliker uit te kan ken. ‘n Gekleurde lint is ‘n goedkoop en maklike opsie. “Cable ties” is amper beter as slotte aan u bagasie. Onthou net dat u geen skerp voorwerpe, nie eens ‘n naelvyl, in u handbagasie mag hê nie en dus by die hotel eers die tas sal kan oopkry. Neem ook ekstra cable ties  saam vir die terugkeer. Moenie die tasse verseël voordat dit nie ingeweeg is nie. Dit kan wees dat die doeane juis jou tas kies om deur te gaan. Onthou dis vir almal se veiligheid en moenie geirriteerd raak met hul deeglikheid nie!

Drink baie water. Die kraanwater  in Israel is veilig. Koue water word oral te koop aangebied teen sowat 1$. Maak maar self die sommetjies. Water word gratis tydens etes bedien, maar alle ander drinkgoed is opsioneel vir u eie rekening. ‘n Waterbottel vir saamdra is ook ‘n Goeie idée.

Medikasie: Voorskrifmedisyne in oorspronklike verpakking in u handbagasie en neem voldoende saam. Indien nodig, ook ‘n voorskrif in geval van nood. ‘n KLEIN noodvoorraad kan handig te pas kom: ‘n paar pleisters, hoofpynpille, iets vir ‘n omgekrapte maag. Elkeen ken mos maar sy eie liggaam.



Wenke:
Goeie geldeenheid om hier  reeds te ruil is US $. Op die lughawe in Tel Aviv kan u so paar dollar ruil vir shekel. Hotelle ruil ook geld, maar teen ‘n hoër kommisie. Reël vooraf in Suid-Afrika met bankinstellings indien u  van ‘n kredietkaart /debietkaart  in Israel gebruik wil maak. Onthou ook dat die PIN  moontlik oorsee kan verskil. Vergewis u daarvan voor u vertrek.


Israel is nie ‘n kopersparadys nie. U ken u eie spandeerpatrone en in groter winkels word kaarte aanvaar. In die Oud Stad moet u ligloop vir vervalsings en gebruik van kaarte. Daar is een winkel wat deur  Messiaanse Jode bedryf word wat wonderlike items teen baie billike pryse aanbied.  En jou kredietkaart is veilig!

 

Ontbyt is nogal die eerste keer ‘n ervaring. Koek en slaai vorm o.a. deel daarvan! Ek neem ‘n klein tupperbakkie saam en maak vir my toebroodjies om in die rugsak saam te neem. Dis nie veronderstel om te gebeur nie, maar so vroeg kan ek nie genoeg eet om my deur die dag te dra nie. Daar word stilgehou vir  opsionele middagetes en verversings vir u eie rekenng. Werk op so 7-10 $ daarvoor.

VARS JOU GEHEUE SO BIETJIE OP:

Lees die Evangelies (veral Johannes) Genesis, Joshua, 1&2 Samuael 12 & 2 Konings en Sagaria 12-14.
As daar nog enige verdere vrae is, kontak ons gerus.


SHALOM!

Hessel en Etresia
www.hesselvanderwalt.com

bottom of page