top of page

Nuwe Kinder DVD NOU beskikbaar

In 2010 - 2016 nader verskeie skole Hessel en Hoffie om by hulle op te tree en gee duisende kinders hulle harte en lewens vir Jesus.  Na vele versoeke vir 'n kinderproduksie, word 'n droom bewaarheid met die maak van hierdie DVD. Daar word nie verniet na Hessel verwys as die geestelike vaderfiguur in SA nie!​

​

"God droom oor jou en jou nageslag!  Na baie bid, beplanning en oefen op my eie kleinkinders, het 'n nuwe droom gestalte gekry.  Ons dink nog aan 'n naam en jou voorstelle sal baie waardeer word." sê Hessel​

​

Die DVD bestaan uit vyf stories en vyf geestelike liedjies vir kinders van alle ouderdomme.  Hoffie deel lewenslesse wat jou, jou kinders EN kleinkinders se harte sal aangryp en vir jare onthou sal word... en beloof om 'n familiebediening duisend vir die hele gesin te word.

​

Baie dankie vir elke borg en voorbidder wat hierdie produksie ondersteun.

​

Hou asseblief die pers, FB en webblad dop vir verdere inligting.

bottom of page